South view from Street

Huis Combrink, Stellenbosch
2013

Huis Combrink, Stellenbosch

2013

Hierdie huis is ‘n kontemporêre argitektoniese uitdrukking in ‘n wynlandgoed konteks buite Stellenbosch – ‘n familie-woning met duursaamheid en gerief in die vooruitsig. Kwaliteit materiaal en afwerking verseker ‘n lae lewensiklus terwyl toepaslike energie- en termiese effektiwiteit geïmplimenteer is in die argitektoniese ontwerp. Ruimtelike verhoudings met die tuin en uitsigte is beplan om die twee windrigtings te akkommodeer deur middel van afdakstoepe. ‘n T-plan vloeruitleg is gebruik met die interseksie wat as sirkulasie-area tussen grond- en eerstevloer dien. Die massa van die struktuur is opgebreek deur platdak skakel-elemente wat die dubbel-opstaan dakke van die sekondêre strukture met primêre struktuur verbind. Stil, gestroopte estetika verleen elegansie.
DIENS
Vol ses-fase argitektuurdiens
DATUM
Februarie 2013
KATEGORIE
Residensiële argitektuur