Broad Oaks, Somerset-Wes
2017

Broad Oaks, Somerset-Wes
2017
Raymond Smith is aangestel om die nodige erfenisverslag op te stel en permitaansoek van die Provinsiale Erfenis Hulpbronne Agentskap, Erfenis Wes-Kaap, namens die kliënt en agent te verkry omrede verbouings aan ‘n struktuur ouer as 60 jaar beplan is. Ingevolge die Nasionale Erfenishulpbronne Wet 25 van 1999, Seksie 34, mag verbouings nie plaasvind sonder die nodige permit nie. Kortliks behels die proses ‘n ondersoek na die geskiedenis van die terrein en erfeniselemente teenwoordig om te bepaal of daar hoegenaamd aspekte van erfeniswaarde is.
Erfeniswaarde is nie net van toepassing op objekte/artefakte en geboue nie maar sluit ook in grafte, argeologiese en palaeontologiese terreine, natuur-elemente, kontekstuele sowel as assosiatiewe aspekte wat belangrik is vir spesifieke gemeenskappe of deel uitmaak van die morfologiese geskiedkundige verhaal van die totstandkoming van ‘n plek (onder andere). Na die identifiseringsproses word ‘n gradering toegepas – Graad I van Nasionale belang; Graad II van Provinsionale belang; Graad III A, B of C van Plaaslike belang. Daarvolgens word dan vasgestel tot watter mate verbouings hoegenaamd kan plaasvind asook watter tipe bewaringsbenadering gevolg behoort te word sonder om die erfeniswaarde te ondermyn, omrede elke terrein op sy eie meriete gewaardeer word.
DIENS
Erfenishulpbronne bestuur
DATUM
Junie 2017